|
Vleisberg Simbras het in 2003 tot stand
gekom. Die kudde het aanvanklik bestaan uit koeie wat
“ge-cumkeur” was, en is met verloop van tyd uitgebrei
deur selektiewe aankope by ander telers. As gevolg van
beperkte spasie/weiding, word daar ‘n swaar klem geplaas
op kwaliteit eerder as kwantiteit.
Daar word gekonsentreer daarop om,
hoewel die Genootskap die ras beskryf as ‘n medium raam
moederras, funksioneel doeltreffende diere te produseer
wat vleis dra en kan reproduseer onder ekstensiewe
toestande. Gevolglik word die klem geplaas op
reproduserende vleisproduksie onder ekstensiewe
toestande. Die Simbra ras wat by uitstek
geskik is om te sorg vir wins uit gras, is dus die
logiese keuse om mee te boer onder ekstensiewe toestande
op rooiwater en galsiekveld te Elandskuil, Ventersdorp.
Daar word gepoog om deur middel van
moderne teeltegnieke soos byvoorbeeld DNA ontledings en
Breedplan teelwaardes op ‘n wetenskaplike wyse te teel,
met die doelwit om volgehoue verbetering in die kudde te
bewerkstellig. Die kudde staan onder die toegewyde sorg
van my ouers, Johan en Hannie Bester.
Dankie dat u na die webblad gekyk het en
ek hoop dat u dit interessant gevind het en nou meer
weet van Vleisberg Simbras, asook van die Quatro groep.
Belangstellendes is altyd welkom om met my te skakel of
om ‘n besoek af te lê.
Vleisberg groete,
Kobus Bester |