|
Supertaler is 'n sintetiese ras ontwikkel uit die inheemse Nguni
en die Europese Pustertaler.
Nguni is wyd bekend vir sy gehardheid,
langlewendheid, siekteweerstandbiedendheid, vrugbaarheid, goeie
temperament, vleisgehalte en waardevolle vel. Daar kan
beslis 'n parallel getrek word met die Nguni en Die Pustertaler
tov al bg eienskappe- alhoewel Pustertaler onder uiterste
Europese toestande.
Dr.Thomas Grupp van Munchen ( ek kry nie die umlautteken nie!)
het hierdie byna uitgestorwe ras ,met dieselfde kleurpatroon as
die Nguni , in die Tiroolse Alpe ontdek ( aanvanklik net omtrent
60 koeie). Soos met die Nguni in SA gebeur het,was hy včrsiende
genoeg en het hy hierdie ras deur 'n aantal prysenswaardige
aksies van uitsterwing gered.
Ken en Tertia Baxter ( bekende Simmentalertelers van Piet Retief,
Mpumalanga) het tydens 'n vakansie in Oostenryk van hierdie
diere gesien en in samewerking met die destydse Dept. Landbou en
die Sim- Sim Genootskap'n aantal embrios ingevoer. Hy is huidig
die enigste eienaar van suiwer Pustertalerbeeste in SA.
|