 |
was
vir ons belangrik aangesien ons die stoet kudde ook op ‘n
ekstensiewe basis bestuur. Ons lê baie klem op gehardheid en
aanpasbaarheid, wat weerspiëel word in die reproduksie van ‘n
koei. Hierdie groep koeie het vir ons die basis gegee waarop ons
kon voortbou.
Ons
grootste bate was die aankoop van ons eerste stoetbul, die
alombekende Ben (DM98155C) uit die welbekende Kamab stoet van
Diethelm Metzger in Namibië. Ons was werklik geseënd met die
voorreg om so ‘n top bul as eerste stoetbul te kon bekom. Goeie
blupwaardes is vir ons baie belangrik en hier was Ben uitstaande
met die neerlegging van puik blupwaardes in sy nageslag. Dit is
dan ook juis danksy hom dat ons kudde spog met uitstekende
blupsyfers. Die Ben dogters is tans die basis waarop die kudde
nou voortgebou word.
Happy Venture Simbras het nog ‘n been waarop sterk gesteun word.
Dit is die teel van F1’s uit ‘n paar rooi en wit Brahman koeie.
Ons poog om ‘n sterk lyn uit die koeie te vestig aangesien dit
onverwante genetika aan die meeste bekende bloedlyne is. Tans
word ‘n poena Simmentaler bul, Macarara Yodick op die koeie,
sowel as ‘n aantal halfkruis verse met groot sukses gebruik.
Sodoende kon ons alreeds heelwat onverwante poenas op die grond
kry.
Die poena faktor geniet tans by ons groot aandag en daarom
gebruik ons nou heelwat semen van poena bulle op ons vroulike
diere. Dit is vir ons ‘n groot eer dat Happy Venture Dalton in
2006 as die genootskap se nuwe KI bul aangewys is. Dalton was
dan ook in 2005 die duurste Simbra bul wat vir R46 000 op die
Nasionale veiling verkoop is. Dalton is alreeds met groot vrug
gebruik en daarvan getuig die kalwers wat alreeds op die grond
is.
Die Amerikaanse poena, Full House, is alreeds gebruik om die
poena geen verder te vestig. Sy eerste kalwers word binnekort
verwag.
Dit is vir ons ook belangrik om aktief betrokke te wees in die
Simbra bedryf om sodoende ook ‘n bydrae te lewer tot die
bevordering en uitbouing van hierdie uitstekende ras. Dit is
juis ook om hierdie rede dat ons op verskeie skoue beeste
vertoon. Dit is vir ons ‘n ideale vertoonvenster en ook ‘n goeie
maatstaf om ons eie beeste te vergelyk met van die beste Simbras
wat vertoon word. Ons is ook aktief betrokke by die Overvaal Sim
Studiegroep en neem ook deel aan die Overvaal Superbul program.
Ons seleksie beleid word bepaal deur die volgende faktore en
eienskappe: vrugbaarheid, groei, bespiering en temperament. Die
poena faktor is vir ons belangrik, maar nie ten koste van
bogenoemde eienskappe nie. Die poena faktor het tans groot
ekonomiese waarde vir die stoetteler sowel as die kommersiële
boer.
Dit is vir ons ‘n voorreg om ons produksieveiling saam met
Marimbra Simbras, SSS Simbras en Mica Simbras van Namibië aan te
bied. Ons is trots om deel te wees van die Quatro Simbra groep.
Dit was ‘n logiese besluit gewees, aangesien ons teel doelwitte
en mikpunte in ‘n groot mate ooreenstem en ons almal ‘n groot
passie het vir die teel van top kwaliteit Simbras. Ons beskou
die samewerking met ander telers as baie belangrik, gevolglik is
ons in noue samewerking met elk van bogenoemde telers. |